
=====================================================================
Besef die waarde van Afrikaans (AV 4:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Besef die waarde van Afrikaans

Takashi Sakurai   tref 'n vergelyking tussen Afrikaans en Japannees, wat gestigmatiseer was, maar tot 'n magtige taal gegroei het.

GEDURENDE 1977-1978 het ek die kans gehad om een jaar lank by die RAU Afrikaans te leer. Toe was Afrikaans een van twee amptelike tale in 
Suid-Afrika. Die oomblik toe ek by die Lughawe Jan Smuts aangekom het, is ek feitlik deur die taal "ingesluk".

Al die plakkate was in Afrikaans geskryf, die klasse by die universiteit is in Afrikaans gegee en mens is by die winkels in Afrikaans 
bedien.

Twintig jaar later het ek weer na Suid-Afrika gekom om 'n Afrikaans-Japannese woordeboek op te stel. Maar intussen het alles dramaties 
verander. Op die oppervlak lyk dit asof Afrikaans aan die verdwyn is uit die gemeenskap. Sommige Afrikaanssprekendes is kwaad daaroor en 
ander is bang vir die toenemende mag van Engels. Dat party Afrikaansprekendes die trots op hulle eie taal en kultuur verloor, verbaas my.

Hierdie toestand herinnner my aan Japan net n die Tweede Wreldoorlog. N ons die stryd gewonne gegee het, het ons al ons trots verloor. 
Daarteenoor het Engels as taal geskitter, gesteun deur die mag van die Amerikaanse besettingslers. In daardie omstandighede het die 
skrywer Naoya Shiga, wat in Japan as die "god van die novelle" bekend staan, voorgestel dat ons Engels as amptelike taal moet kies. Selfs 
di groot skrywer wou sy eie taal weggooi.

Japanners het 'n swak naam gekry weens hulle wrede dade gedurende die oorlog. Die Chinese het ons Dongyang-gui (Duiwels in die Ooste) 
genoem. Japannees was die taal van die "duiwels", wat deur die militre regering opgedwing is. Met die oorgawe van Japan is Japannees sterk 
gestigmatiseer. Die ouer geslag (veral Koreane) wat nog die wreedaardigheid van destyds onthou, wil selfs vandag nog geen Japannees gebruik 
nie, hoewel hulle dit vlot kan praat.

Ons moet natuurlik skuld beken oor dade van die verlede, en die betrokkenes om verskoning vra. Dit was sekerlik 'n fout dat ons ons taal 
aan ander volke opgedwing het.

Maar die waarde van die taal self kan nie ontken word nie. Japannees is 'n ontwikkelde taal met 'n literre tradisie van meer as duisend 
jaar en is terselfdertyd 'n moderne taal wat geskik is vir die wetenskap en tegnologie van die rekenaar-era. Behalwe op grond van 
kortsigtige politieke oordeel en/of die verbygaande emosie is daar geen rede vir ons om ons eie taal prys te gee en Engels as medium te 
aanvaar nie.

So is dit ook met Afrikaans. Die egte waarde van die taal self is anders as wat politieke oordeel laat blyk. Afrikaanssprekendes moet die 
werklike vermo van hulle taal besef.

Afrikaans is die enigste taal in Afrika suid van die Sahara met so 'n groot geskrewe literatuur. Sy posisie as amptelike taal word swakker, 
maar sy letterkunde beleef 'n bloeityd. Werke van hoogstaande gehalte word een n die ander gepubliseer en hulle roem strek tot in die Verre 
Ooste. 'n Goeie voorbeeld hiervan is die roman Triomf,   wat in 1976 met die Noma prys bekroon is. Di prys is toegeken deur een van die 
grootste uitgewers in Japan, Kodan-sha. (Noma is die naam van die hoofdirekteur van die maatskappy.)

Afrikaans besit ook ontsaglike ekonomiese krag. Veral in die landbou speel die taal steeds 'n beslissende rol. Ek het die volgende verhaal 
by 'n Japannese sakeman gehoor:

'n Japannese agent het deur die platteland gereis om trekkers te verkoop. Hy het verskeie plase besoek en in Engels verduidelik hoe goed 
die trekkers is. Die boere het hom verstaan, maar hulle het byna almal in Afrikaans geantwoord. Die agent, wat Afrikaans glad nie kon 
verstaan nie, kon geen verslag doen nie. Hy het deeglik besef dat Afrikaans 'n onontbeerlike faktor is as jy in Suid-Afrika sake wil doen.

Nog 'n verhaal: Die voertaal by internasionale onderhandelings in Suid-Afrika is gewoonlik Engels. Maar as 'n probleem daarby ontstaan, 
begin sommige Suid-Afrikaanse sakemanne met mekaar in Afrikaans koukus. (Ek glo die taal funksioneer hier as 'n soort eksklusiewe kode.) As 
jy Afrikaans kan verstaan, kan jy ook oor Suid-Afrikaanse sakemanne die oorhand kry. Die uitgeslape Japannese sakemanne wil nou Afrikaans 
leer.

Die vissery is ook die wreld van Afrikaans. Japannese agente van die visserymaatskappye in Kaapstad, waar die basis van Japan se 
vissersbote in hierdie land is, is bekommerd oor die taalprobleme, want die voertaal by die hawe bly Afrikaans, hoewel Engels in die 
sakelewe van die stad dominant is.

En nog belangriker is die aantal moedertaalsprekers van hierdie taal. Meer as vyf miljoen mense praat Afrikaans as moedertaal. Die aantal 
is gelyk aan di van Sweeds of Mongools. Afrikaans is groot genoeg om onafhanklik as 'n nasionale taal te funksioneer.

Hoewel Afrikaans so kragtig is, kla Afrikaanssprekendes oor die huidige toestand van die taal, gedagtig aan die tyd toe hulle nog oor die 
land geheers het. Dit is waar dat Afrikaans verby sy hoogtepunt is. Maar Afrikaans is eintlik een van vele tale in Suid-Afrika. Dit neem 
nou sy posisie as sodanig in. Die momentum van die verandering is op die oomblik so sterk dat die taal onbillik gevalueer en onderskat 
word, maar Afrikaans sal weer die posisie bereik wat hom toekom.

As Afrikaanssprekende maatskapye hulle ekonomiese krag bly uitbou en Afrikaans as kultuurtaal nog verder uitgebou word, sal die taal 
belangrik vir die wreld kan word, soos Japannees. Di onbekende taal van die klein eilandjies in die Verre Ooste het van die "taal van die 
duiwels" tot een van die belangrikste tale in Oos-Asi gegroei en word oral in die wreld bestudeer vanwe sy ekonomiese krag en kulturele 
rykdom.

In Junie vanjaar het ek by die internasionele Colloquium vir Nederlandistiek in Natal 'n professor van Korea ontmoet wat tans sy 
sabbatsjaar aan die Universiteit van Stellenbosch deurbring om in die Afrikaanse letterkunde te studeer. Dit is 'n goeie bewys dat 
Afrikaans die aandag van buitelanders begin trek. In die huidige Suid-Afrika, waarvoor die tyd van kulturele sanksies nou gelukkig verby 
is, sal Afrikaans se oorsese vriendekring steeds uitbrei. Prof. Takashi Sakurai   is van die Meikai Universiteit in Japan.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av441.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1997 /// Besef die waarde van Afrikaans (AV 4:4) /// Maak ore en 
hart oop vir pleidooie (AV 4:4) /// Hier skep veeltaligheid 'n wen-wen-situasie (AV 4:4) /// Afrikaans moet bevryding gegun word (AV 4:4) 
/// Tweekoppige reklame in Brussel (AV 4:4) /// Tale se kanse in akademiese wreld (AV 4:4) /// Hoe kru ook al die kwaal, Afrikaans kn 
heel (AV 4:4) /// Nederlandse skoolkinders lees weer Afrikaans (AV 4:4) /// 'Ek soek nie Afrikaans op blikkies nie' (AV 4:4) ///

